die boemelaar weet sy’s ‘n bergie

die boemelaar weet sy’s deurmekaar

die boemelaar wens sy’s dronk

die boemelaar wonder oor daai pyn

die boemelaar wag vir japie

die boemelaar wonder oor die wyn

die boemelaar wil huil oor daai kind

die boemelaar wankel rond in haar tronk

die boemelaar waggel nader na japie

sy hoop vir drank en asseblief ook daai dronk

die boemelaar weet  sy’s ‘n dronkdrank naai

die boemelaar bly wonder waar waar’s haar kind

die boemelaar is vir mense met monde net ‘n boemelaar

party se en praat bergie bergie blerrie bergie

Sy wonder, die boemelaar, sy wonder oor haar kind

En hoe, om te wat, in hierdie donkerte wat niks weet van ooit ophou nie

Wim