oorspronklike in The Tate Gallery – London
Die eerste item wat ooit op Britse televisie geadverteer was, was tandepasta. Derek Boshier het kommentaar gelewer. Relevant, tot vandag. Materialisme, ekstreme, banale, kapitalisme, maar ook die evolusionere genetika om ten alle koste te oorleef, om ander wat in die pad van eie oorlewing, van goedkoop genot staan tandepasta van te maak, het die heersende norm van die lewe geraak. Om dinge te kan besit wat niks met siel, en moraliteit, te doen het nie, het suksesvol kerk en heersende gode geraak. Mense word tandepasta, het Boshier gese. Gevorm, gebuig, misvorm, om gebuig, geontvorm, gehervorm te kan word, sodat mens voordeel daardeur, in vele variasies, te kan bekom. Meer spot goedkoop oppervlakkige genot, duur karre, duur huise, duur klere, duur vakansies, duur keuses vir huwelikke, duur klater, skater bestaan en uiteindelik dan finaal duur gegrifte grafte.
Die slimmes/skelmes, die manipulerende, gewetenlose mense, groepperinge, bly slukstik aan hulle vrot genot. Offer die hulpeloses, hopeloses goedkoop op. Hulle is nie in tel nie. En bly vorm aan mense met sluwe hiena-lywe, om hulle, die mense, te buig soos tandepasta-figurasies. En om hulle eventueel bloot uit te spoeg. Dan te draai na waar meer tandepasta wins met groter marges gemaak kan word.
Dankie Derek Boshier.