Maartin, in julle huis daar in die Karoo het jy my een aand gewys dat mens ‘n koppie op die vloer kon gooi en dat dit nie breek nie. Omdat dit toe baie nuut plasties gewees het wat ook Karoo toe gekom het. Ek was verwonderd. Verbysterd. Jy het jou binnegoed vir my jeugdige domgatgeit afgelag. En toe trek ons ver weg. En toe, ek onthou Maartin, ek jonk, jy jonk, in die hospitaal, my pa hulle het my gevat, jy skielik sonder ‘n been, en borrelende met ‘n vreemde vreugdevolheid. En toe die res. En toe die res.