Daar kom ‘n tyd in ‘n mens se lewe dat jy eerbaar dankbaarheid moet verklaar. Ja, daar in die middel 1960’s het ek saam met LM Radio en so probeer rock, maar dit was regtig egter maar ‘n geskuifel, geskarrel, gekatterjak. Maar toe op ‘n dag begin die radiotjie wat my Ouma vir my gegee het, te bewe. Hulle se naam was Creedence Clearwater Revival. Hulle het ge-rock! Met Creedence op die radio, my ma-hulle se spiegel voor my, het ek gesien hoe ek gaan naam maak vorentoe. Elvis se as, Little Richard, julle almal, kon kom kyk hoe man kan rock. Vingers wat betyds kliek saam met die draai in Creedence se musiek. Kniee wat wonder waar de hel is die kniee nou heen. En so.
Niemand het kom kyk hoe lyk ‘n wonderwerk nie. Nie eers dari meisiekind langsaan nie. Maar dit het nie saak gemaak nie. Ek was besig om planne te maak om Creedence te gaan join. Hulle het ‘n real-rocker vir hulle se musiek nodig gehad had ek geglo. Dankie Creedence vir alles! Al het julle nie eers my skrywe beantwoord nie…Miskien moes ek die brief in Engels bewoord het.



Jan. 1, 2011 – CREEDENCE CLEARWATER REVIVAL – ZUMAg49_