So, een aand het Bryan verkoue gekry, ge-nies en geproes en so. Toe vra hy my, sy tandvleislag jeugvriend en sy sielsgenoot, om sy song op die verhoog vir die aand te doen. Omdat Bryan gevra het, het ek ingestem. As ‘n nederige mens. Stap toe saam met die ‘band’ en die ‘girls’ op die verhoog. Die kamera was daar. Ja broer. Verbysterend, het die ‘girls’ in die gehoor nog harder as gewoonlik geskreeu. Ek het maar gedink wat Bryan sou doen, en dit toe met oorgawe ook begin doen. Kyk. Kyk gerus. En kom eerlik terug. Wie doen dit die beste. Bryan, of sy Wim vriend? Wees eerlik broer. Suster. Demmit. Het ek lekker gesweet!

Bryan was bietjie kwaad daai aand.

Aan die eerlike kant. Demmit! Soms, kan ‘n mens kook. Soos bloed, soos groot sweet. sjoe!