So het ek in die 1960’s ‘n gevoel ontwikkel vir die alternatiewe tipe mensdom. Wat hartseer, en tragiek, en empatiese kwaadheid, hard en dan ook weer so pynlik sag geskreeu het. Janis. Melanie. Ja, natuurlik hy. Bob Dylan. En toe kom die 1970’s en ek ontdek Jean Paul Sartre, Albert Camus, Martin Heidegger, Maurice Merle-Ponty ietwat laat. Want ek was Suid Afrikaans. En eenkant het ‘n man nog gestaan en skreeu oor The Unbearable Lightness of Being. Sy naam was/is Milan Kundera.
En die wereld krul in pyn. Behalwe vir die wat hulle lewensvlakke onaantasbaar maak.
So, hier gaan nie groot gewen word nie. Hier gaan nie glorie vir medemenslikheid hoog huil van heil nie. Hier gaan die uitbuiting, ja meerendeels subtiele banaliteit bloot voortstu. Die duiwel is baas. Die duiwel is wyd bloot’n skelm baas. Die konsep van God is ‘n blote baie mooi mooi droom.
So Bob, so julle ander verlangende siele, sing vir ons julle verlangens. Dit is ook ons s’n. Skryf julle grot profete. Ons sal huil maar ons sal luister vir ‘n moontlike oormore.
Ons verlang oormore.