Vanoggend, 18 Oktober, ontmoet ek ‘n nuwe eienaar by Ramirwoonstelle in Boston. Terwyl ons met sleutels en dinge besig was, kom daar hierdie kleinklein dogtertjie, nog nie eers drie nie dink ek, en sy gee ‘n blommetjie vir my en ook vir die ander persoon. Met ‘n groot glimlag.
Sy het my dag gemaak. Ek gaan vanmiddag daar ‘n pakkie lekkers gaan oorhandig. Sine qua non. Quid pro quo!