Painting by Ivan Aivazovsky

Art –  de(code), re(phrase)  –   Kuns- de(kodeer)- her(fraseer)

Earlier this morning, at eighteen minutes past seven , round about 540 million years ago, something quite extra ordinary happened. Our very first ancient forefather, or mother, crept from the shallow waters of the ocean onto solid earth. Onto terra firma. He, or she, then, already had going experience of the fierce sun, was energized by it, but up to that point, shielded from the full force by the protective skin of weaving sea water.

But then, for the first time ever, the full brunt of direct sun hit the body of this ancient endeavouring parent of ours, and that energy explosion would have had an exhilarating effect on this Vasco da Gama of a minute little animal. A kind of energy ecstasy surely would have been felt by this tough little guy, but it was a mere cellular experience, as a possible conscious reaction was still millions of years away. Yes, but it would have been there. An instinctual joy of existence. Yearning for more, for more, as this cellular throbbing being registered the awe of being part of evolving life.

Sheer wondrous magic happened, a whole new amazing journey started in the aftermath of the Big Bang, and no one at the time could verbalize it, no one there could picture this primal historic event.

Dit kon nie  ver-woord word nie, ver-taal word nie, kon nie be-teken word nie. Kon nie be-sing word nie. Shakespeare, Da Vinci, Rembrandt, were at the time amongst raw amoeba configurations maneuvering how to take a next risky evolutionary jump ahead. The only beings that survived over the ages in an original mode, and scientifically so proven, are the honourable rolling stones, Sir Mick Jagger and Keith Richards.          

But, that wondrous first event was recorded in a cellular memory bank, waiting to be brought back into remembrance maybe sometime, maybe somewhere in the far spray of the future.

Wonder, anxiety, joy, loss, ecstasy, awe, the whole river of human emotions, were gradually to be experienced millions of years later. When animals turning into humans would have words, reflection, signs and metaphors to stand up to, to plead and sweat for.

Much later, after day one, the Neanderthal beings were the earliest of our vast family to leave us an indication of an inner psychic world. They were the first to bury their dead. Thus they were capable to mourn the loss of their precious ones. With the burying procedure of their dear ones they left us signs,  epitaphs to reinterpret. Those signs were their own precious will of words, their numb verbalization of their longing and their loss. With that, Art, that most sensitive and sublime form of gesturing, was born.

The Cro Magnons, came later, and started to present their human emotions and perspectives via rock paintings. Visual wording to verbalize the yearning, longing  of their inner beings. They were the first philosophers, theologians and they made their evolving views clear in the creation of their rock art.

In a gradual dance towards the title of this inspiring art exhibition by D Street Gallery, we need to take note of something very strange embedded in the rock art of the Cro Magnons. Die XhoiSan, die Boesmanne. They depicted animals truthfully as they occurred to them in real life. But not human beings. It could have been that in their focus on animals as their life line, they succeeded in precise capturing where human depictions were only of secondary importance. But, it could also have been that they did not want to do realistic portrayals of human beings as that could have had the effect that something of the essence of being human would thus be stolen, belittled. They then used tentative lines, as their metaphors, to suggest, to finger, figure, unfinished gestures of humans and by doing so, safeguarding, respecting, their dark incomprehensible evasive being.

The apriori of this method was then that through imagination, visionary depictions, creative metaphors, one gets nearer to the essence of whatever is holy, precious, nearer to what we just cannot afford to lose. Because life is illusive. Never openly, easily,  within our grab. Beyond the next horizon. Past the previous mountain range.

There was something else interesting too. These rock artists quite often painted on top of previous artwork. Perhaps there weren’t enough ‘rock-canvasses’ around. But perhaps they had this art theory that in the crafting of their subject matter, the process rather than the end result was of real importance. In the process of creating an artwork, the mystery, the meaning, the happening of life in brooding forms, were respected.

Perhaps then they felt that the final product, the finished artwork, was ‘passé’. That in a next creative phase a new existential authentic relationship should come into serious play. Perhaps then they felt that so they would be nearer to the essence of things, the truth of life and that in a final archiving of an  artwork the vibrancy of life would be fatally missed. These then were the first signs that ancient artists were already busy a long long time ago with continuous creative and authentic re –coding of existence.

The unnerving words, stagnation and cliché, creep into consciousness. The Socratic question – When? What?, How?,  are we nearer to the essence of life? And when are we just busy, as Jean Paul Sartre had it, to abide time superficially, with ‘bad faith, the ice sugaring of life?’

Deur die lewe met ‘n komma te be-teken, of ‘n klassieke, dogmatiese, fundamentalistiese ‘full stop’?

Thousands of years later, the depth psychologists Sigmund Freud and Carl Jung endeavoured to show us that we all carry a ‘river’ of unconscious memories and intentions with us. A river that we succeed to sublimate, to deform into dry docks. Freud emphasized a personal instinctual world that we handle by ways of light or deep dark lying to ourselves, Jung emphasized the collective unconsciousness of humanity. The mythical, symbolic cultural inheritance of being human.

How did it then happen that the dimensional depth of a deep dark river, forever in turmoil, turned into over simplified daylight configurations? How did Fascism, Nationalism, Ethnicity, Materialism, Klas/rasbedonnerdgeit, dogmatic religious speculation, facebook personas, one dimensional soapies, succeeded to sever the focal cords of our souls?

With Descartes, cogito ergo sum, I think therefore I am, we humans centralized ourselves in the universe. With the theologians, gods were dreamed, assigned, and then universally proclaimed. Die mens het ‘n onbekende god laat buikspraak doen. Met beperkte woordeskat.

In the dark deep waters of the mythical river, Lethe, the river of forgetfulness, forgetting, drifts too  much substance, that should be part of authentic existence.

Ons eie bestaanswêreld is skaamteloos verskraal . Ons kommunikeer met mekaar  daagliks met behulp van ‘canned dictionaries’ en in ‘small talk’. Die ou oervoorvader wat uit die seewater land toe gekruip het, almal wat daarna  die groot evolusionêre geveg vir ‘n meer komplekse bestaan geveg het, lê diep weg in die geheueselle van ons liggame en ons het vir alle praktiese redes, bloot van hulle vergeet. Van tyd tot tyd krap ons jeukerig die velle waaronder hulle verstom lê.

Voorts het ‘n ekonomiese model, geskoei op die instinktiewe evolusionêre dryffeer van ‘survival of the fittest’ die basiese beginsel van leef geraak. Herman Hesse het geskryf dat ons almal in diepte ontleding diewe is, almal subtiel van mekaar steel,  eie belang bo joune, ‘n selfgerigte bestaan, is die uitgangspunt tot die lewe. Dinge, karre, huise, mooi wasmasjiene, ‘designer’ klere, selfone, eenvlak TV sepiereekse, laat ons ons dae en tye periferaal verveeld sluit as organismes wat eendimensioneel op die oppervlaktes van die lewe dryf. En ons kan gevolglik nie eers meer die groot verlies aan diepsellige bestaan aan-voel, be-dink, be- teken nie.  

Naas die reus Freud, Marcelle Proust, was daar ook ‘n ander doodgewone Joodjie, David Levin,  wat ‘n wonderlike boek geskryf het. Die boek se titel is ‘The Body’s Recollection of Being’. Hulle sluit by Maurice Merleau Ponty aan en beklemtoon die dimensionele en pre- bewyssynsdiepte van die liggaam se lewenservaringe. So had Merleau Ponty eens gesê- ‘Die aarde ontmoet my voete as ek daarop stap’. Vertaald, die lokale aarde, my wêreld, my kop, my voete, my siel, moet die universele onbevange aarde onpretensieus ontmoet vir my om tot ‘n vorm van heil, tot rus, te kan kom. Myself, en die wêreld te verstaan.

Of soos Martin Heidegger oor ‘Seinsvergessenheit’, om die Syn, dit wat is, dit te vergeet,  geskryf het, ons moet die skille van menslike grootheidswaan afskil om weer tot die essensie van die syn, van  betekenisvolle bestaan te kan kom.

Hy het gewig gemaak van die Griekse woord, Aletheia. Lethe, die stamgedeelte, beteken die verskuilde, die vergetenheid. A- letheia beteken dan dat die verskuilde ontbloot moet word.  Dat dit wat ons vergeet het, weer opgediep moet word. So kom die weifelende waarheid, die donker essensie van dinge dan weer tyds en tydelik navore.  Nooit finaal, volledig sigbaar nie.

Ons, dames en here, sit egter met nog ‘n verdere probleem. Daar is nie net verskuilde, onopgediepte kennis in die antieke geskiedenisboek van ons liggame opgesluit nie. Daar het ‘n postmoderne probleem opgeduik. Ons word oorval deur inligting. Daar is ‘n tsunami van kennis, internetgedrewe, wat bo oor ons beperkte bewussynsvermoë spoel. Ons kan dit nie alles verorber nie,  verwerk nie, nie aan die stortvloed inligting gewigte van belang gee nie. Ons verdrink vanwee te veel data wat ons vermoë tot diskressie, en om geestelik as mense met binnegoed wat wil oorleef,  bloot oorweldig.

Die omvang van geweld teen mense, gierigheid, godsdienstige, klasse en rasse onverdraagsaamheid, omvang van swaarkry en armoede, verkragtings van swakkeres,  noop mens egter ook verder om jou blik op die lewe te verskraal tot dit wat mens voel jy kan menslik hanteer.

Anders dan wat Heidegger, Freud, Jung hulle voorgehou het, ja, die Rotstekenaars ook, dat ons die skille van simplistiese vergeet moet afskil, gebruik ons die bewustelike en ook onbewustelike aanplak van selektiewe kennisname van dinge om psigies te oorleef.

Maar om met skisofrenie, aan en af te skakel, te wil oorleef, is nie oorlewing nie. Dit is geleidelike selfdood. ‘n Dooie mens is ‘n dooie mens. ‘n Lewende wese wat bloot die pas makeer, op sy siel bly piepie, se menslikheid versmoor gaandeweg.

Ek glo, dit is die kunstenaars wat ons spesie kan red. Nie die politici, teoloë of die weermag nie. Die kunstenaars. Mense met ‘n vreemde ongekondisioneerde hipersensitiwiteit oor die lewe. Waar hulle vandaan kom, hierdie vreemde wesens, weet ek nie. Maar nes mens moed verloor, is hulle daar. Mense wat die ‘lethe’ bly afskil. Mense wat nie anders kan dan met verwondering dinge sigbaar/helderder te maak nie. Ons trots en moed, en veral hoop te gee. Wat namens ons bly droom.

Kunsbe-oefening kan egter ook bloot ego gedrewe wees. ‘n Kunstenaar kan ter wille van ego, finansiële vrees bloot met ‘n geslaagde kuns ‘niche’ voort gaan. Om takties ‘n blote ‘Interior designer’ van ander se maklike smake te wees. Of om ‘n eie kunsideologie god te maak.

Maar, soos die ou Christelike kerkvader Augustinus van die Bybel gesê het, en wat ek hier bloot as geslaagde metafoor gebruik, ‘Die Bybel is vlak genoeg vir ‘n kind om in te speel, en diep genoeg vir ‘n olifant om in te swem’. So ook werk dit met kuns.

Kuns wat net eerste vlak genot verskaf, wat een kode van verstaan gemaklik staanmaak, wat eenmalige bewoording, eenmalige frasering teen ‘n ‘rotswand’ aanteken, is kuns wat die spirituele, profetiese, protesterende, respek vir die miljoene der miljoene jare van bestaan op ‘n deurentyd evolverende aarde en onmeetlike heelal, die daarwees van oerbroeders en susters, die hierwees van verinneweerde huidige tyd se broers en susters, met simplistiese hande hanteer.

Kunstenaars met integriteit, speel nie vir die pawiljoene nie.  Hulle weet dat hulle ongevraagd geslaan is met ‘n heilige oer- roede, dat hulle nie anders kan dan voortdurend die wonder en misterie van die totaliteit van die lewe, betrokke met hulle volle wese, weifelend, aan gestalte te gee nie. Hulle ken die sout van die see, en van trane. Hulle weet dat hulle uit ‘n pynbad wyd, en uit, moet swem. Son se kant toe. Al brand dit so baie. Die son en die maan en die donkerte en die wolkbreuk moet mekaar vind.

Kunstenaars, as hipersensitiewe  mondstukke van die aarde dra aan ‘n inherent morele verpligting om die tydsgees, die ‘Zeitgeist’, mense se vervlakte omgang met die lewe aan te spreek. Deur dit om te krap.  Hulle dekodeer met verontwaardiging aan oorvereenvoudige kodes, herinterpreteer, herkodeer, herfrasseer, sodat dat daar via hulle kuns roepstemme, protes, tot ‘n verhoogde omgang met die wydheid van die lewe kan uitgaan.

Ernstige kunstenaars spook met eie vooroordele, gemaksones,   weier kuns ter wille van Nkandlas, weier goedkoop bewondering, en stap alleen, bitterlik alleen, terug in ‘n grot, ‘n ateljee, tel ‘n kwas, ‘n potlood, ‘n stuk kunsmateriaal op en begin om weer nuut, vars, met diepe verwonderde aardse intuïtiwiteit, boodskapper van die geontmitologiseerde bestaan van dinge te raak. Begin weer lyne en strepe en kleure te betrek sodat ou kyke en kodes gedekodeer kan raak, om sodoende die voortdurende misterie van alles wat bestaan, alles wat moeilik is, wyer en wyer her te ‘bewoord’. Want dít is wat weifelend op ‘n ernstige ‘canvass’ gebeur, in die vervorming van ‘n nuwe beeld plaasvind. Die voordurende herkodering, die herfrasering van die geheimenis. Die verfyning van die mens se vae vat aan die misterie van die lewe. Om aan asem, en vibrasies, gestalte te gee.

Hulle weet nog ‘n ding, wat Hölderlin oor gedig het, ‘Often we must be silent; we lack holy names’.    

As outentieke profete, priesters belig en herbelig ernstige kunstenaars die volle gang van die lewe. Met voorouers op hulle skouers. Om voor dankie te sê. Dat hulle uit die water vir ons almal son toe gekruip het. Dat hulle oor eeue in eensame grot‘studios’, eenvoudige dakkamers, motorhuise, agterkamers, met die lewe, met hergeformuleerde  lewenskodes opnuut bly spook het om sodoende ons almal ‘n entjie verder die be-tekenisvolle pad van die lewe af te vat.

Dankie vir die kunstenaars wat hier hulle geseënde siele namens ons op die spel, en in verrukkende spel,  kom plaas het, ons sê dankie vir Ronnie en Sue van D Street Gallery, onpretensieuse, ongekontamineerde kunsliefhebbers, Elizabeth met haar fyn aanvoeling hoe ‘n visuele kunssimfonie kan werk.

Kom ons stap weer na die vars gekodeerde ‘rots’-skilderye, beelde en tekeninge hier teen hiérdie tydse grotmure, daar is donker werke daar, naakter dan naak, gekliefde siele, broser dan broos, vorme en patrone wat vloei en kruip na vlakke van harmonie, kyk na die pleit, protes, verbeeldende  verlange, en dan maak onsself daartoe oop dat hierdie kunstenaars, muses van ‘n heiliger, eerliker lewe, ook ons spinneraksiele met hulle brose ‘tweasers’, hulle kwaste kan  dissekteer, dat óns ook, met egte eksistensiële  herkodering en herfrasering, voortdurend met die lewe vernuwend om kan gaan.

Omdat, na alles, omdat ons, so graag, so graag, mense wil wees.

Wim van der Walt